Skip to content
Home Gars Ry

‘n Innoverende oplossing vir die vervoer van kinders wat deel vorm van die Garsfontein gemeenskap.

Uiteindelik is daar ‘n alternatiewe manier om jou kinders veilig te vervoer skool toe en terug,
asook na die naskool aktiwiteite, met behulp van tegnologie en ouers.

Gars-Ry, ontwikkel deur Voobah (PTY) Ltd, is ‘n geslote gemeenskap rit deel platvorm
(E-Hailing/Ride Sharing platform) wat ontwerp is om ‘n unieke en gerieflike vervoer oplossing te bied aan ons skoolgemeenskap. Ons fokus is op veiligheid, gerief, en ondersteuning van ouers.

Alhoewel ons toestemming en ondersteuning van Laerskool Garsfontein geniet, funksioneer die initiatief buite die beheer mandaat van die skool en die skool se beheerliggaam. Kontak ons asb direk vir enige vrae of informasie.

Voordele vir Ouers:

Veiligheid en Betroubaarheid:

Slegs ouers van die Garsfontein gemeenskap mag as bestuurders optree.
Alle gebruikers word geverifieer om te verseker dat hulle deel is van ons gemeenskap.

Gemoedsrus:

Vir veiligheid kan ouers elke rit op hul app volg.

Byverdienste vir Ouers:

Ouers wat bereid is om as bestuurders te werk, kan ‘n inkomste genereer terwyl hulle hul daaglikse roetes uitvoer. Dit skep ‘n geleentheid om ekstra geld te verdien, wat ‘n groot verskil kan maak vir baie gesinne.

VerminderdeVerkeer en Omgewingsvoordele:

Deur meer kinders saam te vervoer, help ons om verkeersopeenhoping te verminder en
die omgewing te beskerm.

Eenvoudige Tegnologie:

Gars-Ry se app is beskikbaar op Google Play en Apple App Store. Dit is maklik om te gebruik en voldoen aan alle vereistes volgens die nasionale wetgewing.
Dit bied ‘n maklike manier om ritte te boek en te betaal.

Vir meer inligting, kontak ons:


Word ‘n Gars Ry Bestuurder

As u ‘n voertuig en ‘n liefde vir kinders het, oorweeg dan om ‘n Gars-Ry bestuurder te word!
U sal nie net ‘n waardevolle diens aan ons Garsfontein gemeenskap lewer nie, maar ook ‘n ekstra inkomste verdien. Laai die app af en dui aan of u ‘n bestuurder wil wees of net ‘n saam ry geleentheid vir u kind wil hê.

Ons sal alle partye wat wil bestuur kontak, om hulle te help om aan al die wetlikke vereistes te voldoen om individue vir vergoeding te vervoer.

Sluit aan by die Garsfontein gemeenskap op Gars Ry en ervaar die verskil!

Soek vir Gars Ry op

Home Gars Ry
Home Gars Ry

© All Rights Reserved – Gars Ry powered by Voobah (Pty) Ltd. 2024+

Gars Ry